lemmetjiesdraad se snit

hy sit met sy knieë opgetrek onder die tafel
in die midde van woede en onstig se vlamme
dit smeul aan sy siel, dit krul om sy hart
en sy trane spat in waansin oor golwe en dale
van moedelose grys miswolke naby en vêr

wie gaan sy hart sus?
wie gaan sy trane kus?

in sy bloed skuil demone van verwoesting
in sy siel reeds dade van wraaksug, van geweld
uit die pyn van ‘n opgehefde kom verlossing
dit word onbewustelik gebreinspoel met lewe
veral vir hom wat uitgeworpe is van ontferming

wie gaan sy hart sus?
wie gaan sy trane kus?

sy taal is onverstaanbaar vir die wat nie luister nie
sy kyk is moorddadig vir die met verrotte harte
hy betree verbode universele entiteite
vir sy eie stilte
vir sy eie geraas

niemand was hier nie
niemand is daar nie

Advertisements

vloek van verhongering

Terwyl die yswind van waansin my liggaam in honderde slete sny sing ek ‘n ou vergete wiege-lied sag maar tog hoorbaar. Die klanke vol van gister se ontbloting sweef in byna stilstaande tyd golwend oor die bloedrooi horison waar my oë geensins sig het nie.
Die koue van die die vlekvrye slagmes in my hand pols ritmies boodskappe van laggende krieke na my lekkende lobbe wat al gaan lê het van uitputting. Ek sny nog ‘n egalige sekuur snit in die 1976 toneel wat naby is aan om bewussyn te verloor van bloed verlies. En ek gooi die stukkie besmette vlees vir my uitgehongerde belgiese wolf wat dit met een sluk smul. Hy kyk my met yster oë aan, kil en emosieloos. Ek skater histeries die ruimtes in en skreeu uit my maag uit:
VANAAND SAL JY VERSADIG WORD!!!!!

een sekonde in dood se lewe

die vlamme in bewustelose oë soek na ‘n volmaan
in die hemelruim van duisende woorde waar ink droog is
waar ‘n beskermde uurglas te min sand oor het
om dit in geformuleerde fragmente uit te meet terwyl
die ontsaglike vrees groei in ‘n haat wat alles sal opvreet
wat die laaste druppel bloed swart kleur en siele leeg suig
vlamme wat liefde ontbrand in plastiek gevoelens
gekluister in die openbaar waar podiums al lank leeg staan
en daar is woes en leeg

net ‘n bietjie liefde

GENESIS – Land of Confusion (1986)

Ek het wakker geword met Genesis se liedjie, Land of Confusion in my gedagtes en deel dit graag vandag. En veral die woorde “And not much love to go round”

Ek glo in liefde. Liefde vir lewe, liefde vir mens. En soms vergeet ons van die oorvloedige liefde in onse binnestes, wat ons siele vul en versadig wanneer ons dit net laat wees, wanneer ons vry is. Ons raak soms so gebind deur die ego se behoeftes, die alewige eie ek wat moet aandag kry, wat moet uitstaan.
Tye wanneer liefde vergete raak, net ‘n droom is. ‘n Fantasie verhaal iewers
diep in die binneste harts-kamer. Maar dit lê geduldig daar, altyd en ewig.
Gereed om weer te kan blom met net ‘n bietjie selfaanvaarding en koester. So
my liefste mens, haal diep asem, maak oop jou denke en verenig met al
daardie liefde in jou siel.
Word vry!

 

 

electrify my sadness

I hear it in their eyes
the corners of despise
a look of empty need
my desire to feed

electrify my sadness
electrify my sadness

my heart turns to steel
turning in a hollow wheel
crying driftless day to night
I am so tired of the fight

electrify my sadness
electrify my sadness

throw me in an empty room
madness is what you presume
there is no love in the greed
only my desire to feed

electrify my sadness
to the end of nothing
electrify my sadness
to the end of everything

electrify my sadness

pottebakker se veld

In daardie lang stiltes van een dag na nog ‘n dag, van een maan to nog tien duisend volmane hoor ek altyd die klippe met klein ogies se geskater oor leegtes van velde sonder bome en graswortels. Die pyn in broca se area lag soms saam vir ‘n skamele verligting van direkte sonstrale wat my leë oogkaste deurboor soos ‘n assegaai sorgloos deur vele hartskamers kan seil met ‘n ligte vibrasie van tydloosheid. Ek wonder telkemale waste tipe messe nou beskikbaar is, die styl, die lengtes. Miskien verskillende kleure ook. Sal bloed anders lyk oor ‘n mes met ‘n geel handvatsel? Drie jong aasvoêls land skuins bokant my privaat kelder, moedeloos gesoek na ‘n stukkie ontbinde sonde. Die honger het hulle al verblind en verbode vark is heel bo aan hul spyskaart. Ek sug sonder asem in my grys verlate longe en dink gedagteloos aan die woord teen die muur wat nog nooit ontdek is nie. In watter taal sal daar geskryf wees? Die onbepaalde tyd van die demoon wat nie bestaan nie, het aangebreek, alweer.
Stadig sluimer ek tussen die donker in, sonder eindes.