Tempel van Ontsetting

Die verstrengeling van jou vyf gedagtes
wat ordeloos in plat woorde by jou onbewaakte muil uitstroom
tref soos ysterballe teen my harspan vas
Dit skeur my skedel tussen my oë oop
sodat die linker en regter lobbe wiegend
in die oopte van dié eter klop
Ek teug onreëlmatige diep asems
my benoude longe in, want ek kan aanvoel
dat ek my bewussyn gaan verloor

KAN JY STIL BLY IN JOU MOND!!!!

Ek hoor die alom bekende stemme fluister
vêrlangs uit die deurlose tempel op die verlore berg
indien ek gelukkig is, sal daar geen lig skyn nie
wat beteken ek is reeds verby die punt van terugkeer

Daar in die kamers van die tempel van ontsetting
is dit net my obskure gedagtes wat in die stof ploeter
nadat ek tervergeefs gepoog het om my te laat hoor

In die oog van dié wat nie wil hoor nie
is daar net geraas om in te asem

Advertisements

2 thoughts on “Tempel van Ontsetting

  1. Johan Uys

    Weereens uitstekend! So pas terug van twee weke in Poland, Tsegiese republiek en Oostenryk waar ek na Swart Madonnas gaan soek het en n belewenis van n leeftyd gehad het!

    Like

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s