Category Archives: Kort Storie

Die man met die swart kraak in sy oog

Dit was maar soos enige ander Sondag in Valkop se grys lewe. Terwyl sy oom en dié se flerrie in die kerk was die oggend, moes Valkop die huis opruim na Saterdagnag se darts en spyker partytjie wat sy oom elke liewe Saterdag hou vir al sy tronkbewaarder vriende. En soms, soos gisteraand, smokkel hulle nog ‘n gevange ook saam na die party wat dan dien as die aand se hoofvermaak. Dinge wat baie mense nog net in oorsese boeke gelees het, wat in dié sitkamer plaasvind. Vandag is die gemors ekstra baie, want daar was twee troetelwane, soos sy oom hulle noem. Valkop moes ‘n sakdoek om sy mond en neus bind, want die reuk en gemors het hom laas Dinsdag se viennas en mielies laat opbring. Nadat Valkop alles dan gewas en blink gevryf het, moet hy die tafel dek. Ook net vir twee, want hy mag nie saam met hulle aan tafel sit nie. Sy oom sê omdat Valkop nie sy regte seun is nie, maar Valkop het ‘n idee dat dit sy oom se vrou(die flerrie) is, wat eintlik sy oom maak al die slegte goed sê en doen. Valkop is seker daarvan dat sy vanaf ‘n ander planeet is.

 

Hy sal nooit vergeet van die dag wat hy per ongeluk die glas laat val het in die kombuis nie. Sy oom se vrou was ook in die kombuis op daardie oomblik. Valkop was eers in verbasing, is dit dieselfde vrou?! Maar soos sy net erger begin tekere gaan het, het Valkop bang geword. ‘n Ontsaglike vrees het sy 14 jarige siel omhul. Sy het hom beveel om na sy kamer te gaan. Valkop het bang by sy kamerdeur probeer hoor wat sy oom en die vrou in die kombuis praat, maar hy kon nie uitmaak wat hul praat nie. Die deur vlieg oop, sy oom se gesig het ‘n onaanskoulike demoniese uitdrukking en hy beveel vir Valkop na die badkamer. In die badkamer grendel sy oom hom met boeie om die stort se kop vas, sy arms uitgestrek na bo. Sy oom verlaat die badkamer en verskyn weer 5 minute later met sy vrou en ‘n kort stukkie leer aan ‘n hout handvatsel. Valkop het al gesien sy oom vat die slaanding saam na sy werk. Sy oom skeur sy t-hemp van sy lyf af en hy begin die een hou na die ander neerfel op Valkop se naakte bo-lyf. Valkop gil met elke hou en deur sy betraande oë sien hy dat sy oom se vrou so lekker kry, dit lyk of sy in seksuele ekstase is! Net voordat Valkop in beswyming gaan, stop die houe. In Valkop se pyn-bedwelmde toestand sien hy vaag hoe sy oom en die vrou net daar seks het voor hom. Valkop se kop sak en soos die bloed op die stortvloer drup, verloor Valkop sy bewussyn. Van daardie dag af, het dit gereeld begin gebeur, soms tot drie maal ‘n week.

 

Wanneer Valkop klaar die tafel gedek het, gaan hy na sy eie kamer. Dit is die buitekamer met ‘n sementvloer. Hy soek na sy walkman, die walkman wat hy eendag in die veld opgetel het. Nogal met ‘n kasset ook in, die album Herzeleid van Rammstein. Valkop het sy ore oopgehou by die skool, maar niemand gehoor soek na die walkman nie en besluit om dit te hou tot iemand daarna vra. Hy vind die walkman onder sy bed tussen die matras en raamwerk waar hy dit gewoonlik wegsteek, sodat sy oom of die vrou dit nie kan kry nie. Hy loer deur die klein venster en die huis lyk stil. Hy glip by die deur uit, flink oor die grasperk, spring oor die draad en draf ongesiens om die erf se hoek die veld in. Met Rammstein kliphard in Valkop se ore stap hy nou rustig deur die veld na sy gunsteling ontvlugtings plek. Daar onder by SpleetSpruit onder die groot wilge boom. Hy klim die boom en neem sy ouder gewoonte posisie op die lang, dik tak. ‘n Lekker skuins-lê tussen die lang effe swaaiende lang, mistieke takke. Valkop skakel die walkman af, haal die oorfone van sy ore af en sit die walkman in die mik links-bo hom, maak sy oë toe en luister na al die boom en spruit geluide. En hy voel vry, in ‘n ander wêreld. Sy eie wêreld waar sy oom en die vrou nie bestaan nie. En hy het ‘n hond, nee ‘n Wolf! ‘n Pragtige grys wolf vanuit die suide, wat vir Valkop beskerm teen enige iemand wat hom wil skade aan doen of selfs net te hard praat met Valkop. Ja, dink Valkop salig, dit sal nou fantasties wees!

 

‘n Skielike plons in die water ruk egter vir Valkop uit sy dagdroom uit. So ent weg sit ‘n persoon op ‘n klip langs die spruit en gooi nog twee klippies in die water. Valkop is baie verbaas, want hy het nog nooit iemand anders hier by sy wegkruipplek gekry nie. Die persoon, ‘n man, het ‘n vreemde lank en blink swart jas aan. Lang swart hare wat amper aan die grond raak waar die man gemaklik op die klip sit. So asof die man weet Valkop staar na hom, haal hy iets uit sy jas se sak en vertoon dit in sy oopgestrekte hand voor hom. Valkop probeer angstig fokus op die voorwerp, dit lyk soos ‘n klip, maar een wat Valkop nog nie in sy lewe gesien het nie. “Kom nader” praat die man skielik, “kom kyk hier naby”. Versigtig klim Valkop uit die boom en stap huiwerig nader. Skielik staan die man op en draai sodat hy Valkop reguit in die oë kyk. Valkop skrik! Die man het die snaakste groen-swart oë wat hy nog gesien het, met ‘n swart kraak in die middel van sy regter oog. “Hierdie is ‘n baie spesiale klip”, sê die man sag. Valkop sak sy blik af na die man se hand en sien dat die klip bestaan uit menige gemengde kleure wat lyk asof dit maal in verskillende ronde patrone. Dit is inderdaad ‘n spesiale klip dié, dink Valkop. Hy steek sy hand uit om die klip te vat, maar iets verhoed hom om aan die klip te raak, soos ‘n deursigtige omhulsel of iets. Hy beur, maar hy kry dit net nie reg om aan die klip te raak nie. “Jy moet dit eers waarlik begeer”, verduidelik die geheimsinnige man. Valkop kyk hom fronsend aan. “Jy moet met jou siel dit begeer om die klip te kan besit en dan as jy die klip besit, sal dit jou help om jou diepste geheime werklikheid te maak”. Valkop maak sy oë toe en sien in sy geestes-oog die pragtige klip en dink by homself dat hy bittergraag die klip sal wil besit. Skielik voel hy iets warm in sy hand en maak sy oë oop. In sy hand lê die klip. En die man is weg.

 

Maandag, 42 Justiel 2121 – Manslag Saak nommer 4777 – DuikParadys Polisie, Roof en Moord

 

Die seun wat altyd die dorp se koerante aflewer het Maandag vroeg-oggend ‘n hewige getjank vanuit Valkop se huis gehoor. Hy het onraad vermoed, want hy het verseker geweet Valkop se gesin het nie enige huisdiere nie en dit by die Polisie-stasie gaan aanmeld. Met die oopbreuk van die voordeur is die 3 polisie lede gegroet met die spring van ‘n wilde, grys wolf wat hul al 3 plat gespring het en daarna die veld in gehardloop het. Al 3 lede was uit die veld geslaan. ‘n Suur onaardse reuk het hul neusgate gevul met die intree by die voorhuis. Op die bebloede rusbank het hul die eerste hoof ontdek, heel waarskynlik die hoof van Valkop se oom se vrou. Bloedstrepe oral en die plek is besaai met, wat met eerste oogopslag, lyk soos stukkies vleis. In die hoof slaapkamer het hul die tweede hoof gevind, Valkop se oom. Asook ‘n regtervoet, sewe vingers en 13 ribbebene. In die badkamer, binne in die bad het hul die derde hoof ontdek, Valkop sin. Aan die stortkop het 2 arms gehang, die hande om die stortkop vasgesluit met boeie.

Vreemd was die walkman wat hul gevind het binne-in die stoof met die aller pragtigste klip! Die walkman het gespeel; Der Meister, ‘n klassieke 1995 lied van Rammstein.

Advertisements